Karoo Liefde (Groot Druk)
$17.86
$29.83
Mia de Waal se lewe stort in duie wanneer sy haar man se verraad ontdek – op dieselfde dag wat sy uitvind sy is swanger. Met ’n gebroke hart, twee tasse en ’n bietjie kontant vlug sy na die Karoo om oor te begin. In Graaff-Reinet waag sy dit om haar eie blommewinkel oop te maak, vasbeslote om op haar eie bene te staan en vir haar ongebore baba ’n toekoms te skep. Herman le Roux is ’n boer met sy eie krisis. ’n Ongewone testament plaas hom voor ’n onmoontlike keuse: trou binne ’n beperkte tyd, of verloor alles waarvoor hy en sy ouma geswoeg het. Wanneer Herman en Mia se paaie onverwags kruis, ontstaan ’n plan wat albei se probleme kan oplos – ’n huwelik sonder beloftes van liefde. Maar die Karoo hou nie van half waarhede nie. Tussen donderstorms, plaashuise en stil nagte begin gevoelens groei waar dit nie veronderstel was om te wees nie. Kan ’n huwelik van gerief verander in iets eg? En wat gebeur wanneer die hart besluit om nie by die reëls te hou nie? Karoo Liefde is ’n roerende verhaal van tweede kanse, genesing en liefde waar jy dit die minste verwag.
Romance