Tienerdrome en spoke
$12.57
$24.13
Louis van der Merwe kry dit reg om die taal van die tiener te praat in hierdie boek. Sy vang die essensie van tiener-wees so eg vas. Die gesprekke is geloofwaardig en die storie prikkel dadelik die nuuskierigheid, met Tersia wat van die begin af nie seker is oor haar gevoel vir haar beste vriend van kinderdae af nie. Die verhaal ontvou so natuurlik dat ek my geheel en al kon inleef en vereenselwig met die gebeure. Die wyse waarop die skrywer opsies gee aan die leser om te besluit watter storie lyn hulle wil volg, maar dit ekstra interessant. Die manier waarop die storie ontvou, met net die regte hoeveelheid onsekerheid, opwinding, onderdrukking van emosies, misplaaste swak selfbeeld, verraad van ʼn vriendin, is alles so eie aan die wroegings van tieners. Dit alles dra by tot die werklikheid gevoel wat jy kry as jy die verhaal lees. Dat hierdie nie net nog ʼn tiener liefdesverhaal is nie, is gewis. Dit is ʼn boek met ware emosies, ware keuses en ware gevolge. Beide storielyne beklemtoon dat die keuses wat jy maak òf jou lewe kan verwoes òf die sukses en geluk van jou lewe kan bepaal. Ruan en Tersia se stryd om hul emosies te beheer ten spyte van hul beginsels en wat hul weet reg is, is puik weergegee. Die omslagtige manier waarop die skryfster die keuses met hul gevolge weergee, is verfrissend en maak dit net nog meer treffend. Ek het geen twyfel dat hierdie ʼn boek is waarby enige tiener baat sal vind nie. Wat enige tiener wie sukkel met die druk waaronder hulle geplaas word, sal help om te verstaan wat die gevolge van verkeerde keuses. Tog ook sal help om te verstaan dat die keuse om ʼn sukses van jou lewe te maak in jou eie hande is. Dat ouers meer wysheid en ondervinding het, en dat hul preek omdat hulle omgee. Dit is ʼn uitstekende verhaal en meer uniek omdat dit die twee teenoorgestelde uitkomste van ʼn besluit so pragtig uitbeeld word. Marsofine Krynauw
Romance